# Die Noordwes-universiteit sê hy is ʼn vernuwende instelling wat wêreldwyd kontak het en verbind is tot uitnemendheid en maatskaplike tersaaklikheid. Quacquarelli Symonds se jongste Wêreld-universiteitsranglys plaas die instelling onder die top-agt in Suid-Afrika en die top-16 in Afrika. Die lys betrek een-duisend-501 universiteite op 105 plekke reg oor die wêreld. NWU se adjunk-visepresident vir Onderrig en Leer, professor Linda du Plessis, sê die plek op die ranglys toon die universiteit se strategiese fokus is in ooreenstemming met wêreldwye neigings.
NWU onder top-agt universiteite in Suid-Afrika