# Twee restaurante in Lima, die hoofstad van Peru, is in die top 10 op die 2025-lys van die Wêreld se 50 beste restaurante. Die toekennings, wat beskou word as die Oscars van innoverende fynproewerskos, is tydens ‘n seremonie in Turyn, Italië, oorhandig, met die restaurant Maido wat met die eerste plek spog. Maido bedien wat bekend staan as Nikkei-kookkuns, waar Japannese tegnieke noukeurig met dinamiese Peruaanse bestanddele gemeng word. Die jaarlikse lys word saamgestel uit stemme deur die lede van die akademie vir die Wêreld se 50 beste restaurante, wat bestaan uit een-duisend-en-80 internasionale restaurantdeskundiges regoor die wêreld.
Wêreld se beste restaurant vir 2025 aangewys