Skip to content

Arktiese veenlande kan aardverwarming vir eers vertraag, maar later die teenoorgestelde uitwerking hê

# Arktiese veenlande is besig om uit te brei na mate die klimaat warmer word. Nuwe navorsing dui aan dit is ‘n verandering wat aardverwarming in die korttermyn kan vertraag, maar sal die teenoorgestelde uitwerking veroorsaak in die toekoms. Hierdie koolstofryke reserwes wat bestaan uit gedeeltelik ontbinde organiese stowwe, bedek slegs drie-persent van die wêreld se oppervlakte. Warmer temperature wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, maak dit makliker vir plante om in die Arktiese streek te groei, en satellietdata toon die gevriesde streek word groener.