# Noordwes se Departement Landbou het ‘n uitbreking van bek-en-klouseer bevestig in die JB Marks- en die Madibeng munisipaliteit in die Dr Kenneth Kaunda-distrik. Toetse het serotipe 2- en serotipe 3-stamme bevestig in besmette diere wat nou op plase onder kwarantyn is. Aangrensende plase, insluitend dié wat aan Gauteng grens, is as ‘n voorsorgmaatreël ook onder kwarantyn geplaas. Meer as 900-duisend dosisse entstof is landwyd bestel. Die regering sê ‘n biosekerheids-raad is gevorm om die reaksie op uitbrekings te versterk en Suid-Afrika se veebedryf te beskerm.
Bek-en-klouseer-uitbreking bevestig in Dr Kenneth Kaunda-distrik in Noordwes