# Die Durbanse hawe het sy grootste houerskip ooit hanteer. Die MSC Rifaya is 400-meter lank en het ‘n dravermoë van 19-duisend-437 houers. Die ongeskeduleerde besoek het die gebruik van vier sleepbote behels. Die waarnemende hawemeester, Nkumbuzi Ben-Mazi, sê die gebeure bewys Durban se gereedheid en vermoë om mega-vaartuie te hanteer. Hy sê die hawe is verbind tot verbeterde infrastruktuur en dienste om te voorsien aan die groeiende vraag in die maritieme bedryf.
Durbanse hawe hanteer grootste houerskip tydens nood-besoek