# Energiereguleerder Nersa het ‘n lisensiewysiging vir Island View Storage, wat handel dryf as Bidvest Tank Terminals, in Richardsbaai in KwaZulu-Natal goedgekeur. Die wysiging laat toe dat twee nuwe dieselopgaartenks bygevoeg word, elk met ‘n kapasiteit van 15-duisend-kubieke-meter. Die tenks is in aanbou en sal na verwagting teen die einde van hierdie maand voltooi wees. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê tariewe vir die fasiliteit, wat verlede jaar goedgekeur is, sal tot Junie 2027 van krag bly:
Nersa keur lisensiewysiging goed vir Richardsbaai se Island View Storage te midde van stygende aanvraag [KLANK]
ENG HlebelaOnStorage