Skip to content

Stud Game Breeders ken beurse van R900 000 toe aan TUT-studente

# Stud Game Breeders het beurse van 900-duisend-rand aan studente van die Tshwane-universiteit vir Tegnologie in die Departement van Natuurbewaring toegeken. Die beurse is aan 52 studente oorhandig wat verskeie kwalifikasies volg, insluitend diploma’s in Natuurlewebestuur en Natuurbewaring, ‘n nagraadse diploma in Bewaringsbestuur en ‘n meestersgraad in Toegepaste Wetenskappe asook doktorsgraadprogramme. Die Stud Game Breeders se transformasiefonds het tot op hede 317 beurse toegeken, wat in totaal meer as 9,5-miljoen-rand beloop.