# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom ‘n toename in lugpassasiers, nadat die Kaapstadse Internasionale Lughawe byna een-miljoen aankomste in April aangeteken het. Meer as 700-duisend was binnelandse reisigers, terwyl internasionale aankomste met 17-persent jaar-op-jaar tot meer as 269- duisend gestyg het. George-lughawe het ‘n styging van 25-persent in passasiersverkeer ondervind. Noko Masipa van die DA sê die groei is te danke aan Wesgro se lugtoegang-span, met nuwe en uitgebreide internasionale roetes vanaf Zürich, Parys, Amsterdam en Londen wat toerisme ‘n hupstoot gee: