# Die Noorse onderneming, Scatec ASA, het as deel van Suid-Afrika se groen energie-oorgang, voorkeurbieërstatus in die land verseker vir ‘n battery-energiebergingsprojek ter waarde van twee-miljard-rand. Die hernubare energie onderneming is as voorkeurbieër vir die Haru-battery-energiebergingsprojek aangewys, onder die derde bodvenster van die Onafhanklike Kragprodusente se verkrygingsprogram. Scatec sal in die 15-jaar-ooreenkoms bergingskapasiteit aan die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika verskaf om die kragnetwerk bestendig te maak. Die projek sal in die Vrystaat geleë wees.
Noorse onderneming verseker R2-miljard batterybergingsooreenkoms in SA se groen energie-veldtog