# ‘n Groep van 26 dramastudente van die Upstage Concepts-ateljee vir uitvoerende kunste in Johannesburg het onlangs ‘n 12-uur lange opvoering aangebied en meer as 75-duisend-rand vir die Rivers-stigting ingesamel. Vriende, familie en afrigters het toegekyk terwyl die studente deur die nag sing, dans en optree ter ondersteuning van kwesbare gemeenskappe. Die fondse en geskenkte goedere sal die stigting se uitreikprogramme in onderwys, voedsel en gesondheidsorg ondersteun. Organiseerders hoop om die opvoeringsmarathon ‘n jaarlikse tradisie te maak.
Dramastudente bied 12-uur lange verhoogopvoering aan om geld vir Rivers-stigting in te samel