Skip to content

Rhodes Universiteit bevestig sy verbintenis tot inklusiwiteit

# Rhodes Universiteit sê hulle het hul verbintenis tot ‘n inklusiewe en bemagtigende omgewing versterk met die verkryging van ‘n nuwe bus. Die voertuig, wat ontwerp is om studente met gestremdhede te vervoer, is ‘n poging om hindernisse vir volle deelname aan die kampuslewe te verwyder. Dit is die uitvloeisel van ‘n gesamentlike poging tussen die Afdeling Studentedienste en -ontwikkeling en die Studenteraad van 2024. Die universiteit sê die toeganklike bus toon die instelling se toewyding aan billikheid, samewerking en betekenisvolle studentebetrokkenheid.