# Die digitale bateplatform, Luno, wat in Suid-Afrika gestig is, het ‘n mylpaaluitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom, waarvolgens ‘n hersiening van Suid-Afrika se verouderde kripto-regulasies vereis word. Regter Mandlenkosi Motha het bevind die land se valutabeheerwette van 1961 kan nie op digitale geldeenhede toegepas word nie en het dringende hervorming van die wet versoek. Die uitvoerende hoof van Luno, Marius Reitz, sê bygewerkte en duidelike regulasies sal belegging en ekonomiese groei bevorder en help om onwettige finansiële vloei te beperk:
Luno verwelkom mylpaaluitspraak wat hersiening van kripto-regulasies vereis [KLANK]
ENG ReitzOnCryptoRegulation