# Die Wits-universiteit se Klimaatsrisiko-modelleringsprojek het ʼn toelaag van die Bezos Earth Fund se AI Grand Challenge for Climate and Nature ontvang. Die fase een-toelaag van sowat 925-duisend-rand sal die grensverskuiwende projek lei wat daarop gemik is om weervoorspelling reg oor Afrika te hervorm. Die projek is gekies vir sy moontlikhede om ʼn groot klimaat- en ontwikkelingsprobleem in Afrika te hanteer, en die gebrek aan betroubare inligting oor die weer en voorspellingsinfrastruktuur aan te spreek. Dis veral noodsaaklik in landelike en afgeleë gebiede waar landboubedrywighede van reën afhanklik is.
Wits-klimaatsrisikoprojek ontvang gesogte toelaag