# Die EFF is ontsteld oor die sakeman Johann Rupert se insluiting in president Cyril Ramaphosa se afvaardiging na Amerika. Die afvaardiging onmoet die Amerikaanse president, Donald Trump, vandag in die Withuis. Die regering het dit bestempel as ‘n geleentheid om verhoudinge te herstel. Die EFF sê Rupert is ‘n groot begunstigde van ongelyke grond- en ekonomiese verhoudings en het selfs al gedreig om sy beleggings uit die land te onttrek. Die party sê sy insluiting in ‘n diplomatieke afvaardiging is ‘n klap in die gesig van demokrasie.
EFF veroordeel Johann Rupert se insluiting in Suid-Afrika se afvaardiging om Trump te ontmoet