# Die vlak van die Wes-Kaap se grootste opgaardam, Theewaterskloof, is bestendig op 58,79-persent ondanks onlangse reënval. Die reën het die provinsie se opvanggebiede bestendig gelaat, maar nie damvlakke noemenswaardig verhoog nie. Die provinsie se watervoorsieningstelsel, wat meer as drie-miljoen inwoners bedien, is op 58,44-persent, effens laer as verlede week. Die hoof van die provinsiale Departement Water- en Sanitasie, Ntombizanele Bila-Mupariwa, waarsku dat klimaatsverandering en wisselvallige reën wat deur die El Niño en die La Niña-weerverskynsels beïnvloed word, langtermyn-watersekerheid bedreig.
Wes-Kaapse damvlakke onveranderd ondanks onlangse reën