# Vandag is Internasionale Teedag, wat in 2019 deur die Verenigde Nasies erken is om die kulturele, ekonomiese en sosiale betekenis van tee wêreldwyd te vereer. Tee is een van die wêreld se oudste drankies en word naas water die meeste gedrink. Daar word beraam dat drie-miljard koppies tee wêreldwyd per dag gedrink word. Sri Lanka, lank bekend vir die produksie van van die wêreld se beste tee, drink die meeste, gevolg deur Argentinië en Turkye.
Geniet ‘n koppie tee op Internasionale Teedag