# Die tweemalige Oscar-wenner, Denzel Washington, is Maandag verras met ‘n ere-Palme d’Or by die Cannes-rolprentfees in Frankryk ontvang uit erkenning vir sy uitstaande loopbaan. Die 70-jarige het die fees bygewoon vir Spike Lee se nuutste rolprent Highest 2 Lowest, waarin hy saam met A$AP Rocky, Jeffrey Wright en Ilfenesh Hadera speel. Ander wenners van die ere-Palme d’Or sedert dit die eerste keer in 2002 aangebied is, sluit in Jodie Foster, Harrison Ford, Clint Eastwood, en verlede jaar, Meryl Streep en George Lucas.
Denzel Washington ontvang ‘n ere Palme d’Or-toekenning by die Cannes-rolprentfees