# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ’n gesondheidsdienste-kontrak ter waarde van 360-miljoen-rand, wat aan die sakeman Vusimuzi ‘Cat’ Matlala toegeken is, gekanselleer enkele dae voor ’n kriminele ondersoek na die kontrak begin het. News24 berig ’n Interne oudit het aan die lig gebring dat Matlala se maatskappy, Medicare 24 Tshwane District, nie verder as die aanvanklike verkrygingsfase moes vorder nie. Matlala, wat reeds in ‘n ander saak teregstaan op aanklagte van poging tot moord en sameswering, het polisiekommissaris Fannie Masemola met regstappe oor die kansellasie gedreig.
Polisie kanselleer R360-miljoen tender te midde van kriminele ondersoek teen sakeman Vusimuzi ‘Cat’ Matlala