# Die Universiteit van Limpopo sê hy maak goeie vordering in onderwys deur sy Neem ʼn Skool Aan-program. Die program wil klaskamer-teorie met regte ervarings verbind terwyl leerders geïnspireer word om studierigtings en loopbane in landbouwetenskappe te oorweeg. Die universiteit sê die program strek verder as die tradisionele klaskamer en leerders besoek die kampus ʼn dag lank om ervarings te beleef wat moderne tegnologie en praktiese kennis konbineer.
Neem ’n Skool Aan-program saai saadjies van inspirasie by leerders in Limpopo