# Die SABC sal vanaand die eindstryd van die CAF Onder-20 Afrika-beker tussen Suid-Afrika en Marokko regstreeks vanaf die 30 Junie-stadion in Kaïro uitsaai. Die dekking begin om 7.30 nm op SABC Sport, Openview 124, en die SABC Plus-toepassing. Die Amajita het die eindstryd bereik ná ’n 1-0 oorwinning oor Nigerië, terwyl Marokko, Egipte net-net geklop het. Beide spanne het vir die FIFA Onder-20 Wêreldbeker gekwalifiseer. Die Onder-20 span het laas in 1997 in die eindstryd verskyn, waar hulle teen Marokko verloor het.
SABC saai vanaand die Onder-20 AFCON eindstryd tussen Suid-Afrika en Marokko uit