Skip to content

Tom Cruise vyf minute lank staande toegejuig op Cannes-rolprentfees

# Die Amerikaanse akteur Tom Cruise is vyf minute lank staande toegejuig na die eerste vertoning van Mission: Impossible – The Final Reckoning op die Cannes-rolprentfees in Frankryk. Die regisseur was Christopher McQuarrie, en die rolverdeling sluit bekendes in die reeks flieks in soos Simon Pegg, Ving Rhames en Hayley Atwell, asook Vanessa Kirby en Angela Bassett. Die 62-jarige Cruise, wat sy eie waagtonele in die fliek doen, sê hy is dankbaar dat hy bewonderaars 30-jaar lank met hierdie reeks kon vermaak. Die fliek is van volgende Vrydag af in teaters.