Skip to content

Internasionale Atoomenergie-agentskap ondersteun Afrika se kernkragpogings

# Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê terwyl kernkrag in Afrika uitbrei, ondersteun hy lande wat die nodige infrastruktuur ontwikkel vir veilige kernenergie. Suid-Afrika, wat die vasteland se enigste kernkragaanleg, Koeberg, bedryf, wil twee-duisend-500 megawatt nuwe vermoë byvoeg. Egipte bou sy eerste aanleg wat uit vier groot reaktors sal bestaan. Die agentskap sê lande soek skoon en betroubare oplossings vir hulle energie- en ontwikkelingsprobleme en oorweeg toenemend kernenergie as moontlikheid.