# Die DA het ‘n beroep op die Minister van Water en Sanitasie, Penny Majodina, gedoen vir ’n onmiddellike ondersoek deur die Ouditeur-Generaal oor die toename van elf-miljard-rand in die koste van Fase 2 van die Lesotho Hooglandwaterprojek. Die projek is in 2008 begroot op agt-miljard-rand, maar volgens Stephen Moore van die DA het die koste nou gestyg tot 53,3-miljard-rand. Hy waarsku dat hierdie stygings die watervoorsiening vir 16-miljoen inwoners in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes in gedrang kan bring.
DA vra vir AG-ondersoek na styging in koste vir Fase 2 van Lesotho Hooglandwaterprojek [KLANK]
ENG-MooreOnWater