# Die veertienmalige Grammy-wenner, Lady Gaga, se konsert in Brasilië het die rekord oortref vir die konsert met die hoogste bywoning deur ‘n vroulike kunstenaar ooit. Saterdag se gratis konsert op Copacabana-strand in Rio de Janeiro het ‘n skare van 2,5 miljoen mense gelok, wat Madonna se vorige rekord van 1,6-miljoen van verlede jaar oortref het. Lady Gaga het 12 jaar gelede laas in Brasilië opgetree. Die 39-jarige het klassieke treffers, soos Poker Face en Alejandro gesing,, asook snitte van haar nuutste album, Mayhem.
Lady Gaga se gratis konsert op Copacabana-strand in Rio lok rekordskare