Skip to content

Gelukkige Wêreld-boekedag

# Dis vandag Wêreld-boekedag waarop boeke, skrywers, illustreerders en bowenal, lesers, wêreldwyd gevier word. Vanjaar se tema handel oor die verskeidenheid boeke vir elke smaak. Die Verenigde Nasies-agentskap UNESCO sê die tema beklemtoon hoe belangrik insluiting en verskeidenheid in lees is. Hy moedig lesers aan om verskillende stemme, standpunte en kulture deur letterkunde te ondersoek en deernis en globale begrip te bevorder. UNESCO sê lees is meer as ‘n tydverdryf, maar het die mag om menings te vorm, empatie te bevorder en welstand te verbeter.