Skip to content

Ramaphosa en Putin verbind tot vreedsame oplossing vir Rusland en Oekraïne

# President Cyril Ramaphosa het bevestig hy het gister telefonies met die Russiese president, Vladimir Putin, gepraat en die sterk bande tussen die twee lande herbevestig. Die leiers het hulle daartoe verbind om pogings vir ‘n vreedsame oplossing vir die Rusland-Oekraïense konflik te ondersteun. Ramaphosa sal Donderdag met Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, by die Uniegebou in Pretoria vergader. Die samesprekings sal uitsluitlik fokus op die voortslepende oorlog in Oekraïne. Zelensky se besoek volg te midde van groeiende wêreldwye oproepe vir vrede en ‘n gespanne verhouding tussen Oekraïne en die VSA.