Skip to content

Laureus-toekennings: Simone Biles en Mondo Duplantis by Laureus-sporttoekennings bekroon

# Die wêreld se mees bekroonde gimnas, Simone Biles, is by die Laureus-wêreldsporttoekennings in Madrid aangewys as Sportvrou van die Jaar, terwyl die Sweedse paalspringer, Mondo Duplantis, as Sportman van die Jaar bekroon is.  Barcelona-voorspeler Lamine Yamal ontvang die toekenning vir Deurbraak van die Jaar, terwyl Real Madrid aangewys is as die Laureus-span van die jaar. Die swemmer, Yuyan Jiang, spog met die toekenning vir Sportvrou met ʼn Gestremdheid van die Jaar. Die 22-malige Grand Slam-tenniskampioen, Rafael Nadal, is met die Laureus-sportikoon-toekenning vereer.