Skip to content

Luukse toeriste-trein van SA bots met goedere trein in Zimbabwe

#  ’n Luukse Suid-Afrikaanse trein van Rovos Rail wat oppad was van Pretoria na Victoria Watervalle het Vrydag in by Gwanda in Zimbabwe met ’n goedere trein gebots. Waens is van die spoor gedwing en verskeie mense is beseer. Die woordvoerder van Rovos Rail, Liezl Maclean, het bevestig dat vier bemanningslede van Rovos Rail, lig beseer is. Nie een van die 47 gaste is beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.