# Die komediant Nate Bargatze is aangewys as seremoniemeester vir die 77ste Emmy-toekennings in die Peacock-teater in Los Angels op 14 September. Hy het verlede jaar die meeste geld as komediant verdien en 1,2-miljoen kaartjies verkoop. Bargatze het tot nou ses spesiale vertonings vrygestel met die onlangse Your Friend, Nate Bargatze op Netflix. Hy sê dis ‘n groot eer om so ‘n ikoniese geleentheid aan te bied en hy is opgewonde om ‘n aand te skep wat deur alle mense oral in die wêreld geniet kan word.
Komediant Nate Bargatze is gasheer vir 2025 Emmy-toekennings