# Die Stad Kaapstad se Permitkantoor vir Byeenkomste het toestemming gegee vir minstens 27 geleenthede die Paasnaweek. Dit sluit in die 30ste herdenkingskonsert van die wêreldbekende Italiaanse tenoor Andrea Bocelli, die Premierbeker-sokkertoernooi en die agtste Gesinsdag-wedloop. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê terwyl die metro vir al dié dinamiese geleenthede voorberei, word openbare veiligheid vooropgestel.
Minstens 27 byeenkomste word die Paasnaweek in Kaapstad gehou