# Die wêreldberoemde Sterkfontein-grotte in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein in Gauteng heropen vandag vir die publiek. Dit is in Julie 2022 gesluit ná swaar reën en oorstromings kommer oor mense se veiligheid laat ontstaan het. Die terrein het belangrike mensagtige fossiele opgelewer, soos Mev Ples en Little Foot. Die grotte is ʼn dinamiese plek vir wetenskap, ontdekking en onderwys, en lok jaarliks meer as 80-duisend besoekers.
Sterkfontein-grotte heropen vir die publiek na drie jaar