Skip to content

Ladysmith se gemeenskap stap vir kinders met kanker

# Die gemeenskap van Ladysmith in KwaZulu-Natal het onlangs deelgeneem aan ‘n staptog ter ondersteuning van kinders wat teen kanker en lewensbedreigende siektes veg. Die geleentheid wat deur Ladysmith se Leeus-klub aangebied is, het vyfduisend-rand vir die Kinderkankerstigting van Suid-Afrika ingesamel. Die organiseerders het hul hartlike dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het om die dag ʼn sukses te maak vir die klein vegtertjies en hul gesinne.