Skip to content

Wêreld-kunsdag vier die mag van kuns om te verenig en te inspireer

# Dis vandag Wêreld-kunsdag wat die ontwikkeling, verspreiding en genot van kuns bevorder en vier. Vanjaar se tema is “ʼn Tuin van Uitdrukking: Kweek gemeenskap deur kuns”. Dis vandag ook een van die geskiedenis se beroemdste kunstenaars, Leonardo da Vinci, se verjaarsdag. UNESCO sê kuns kweek kreatiwiteit, vernuwing en kulturele verskeidenheid, en speel ʼn belangrike rol om kennis te deel en nuuskierigheid en dialoog aan te moedig. Hy sê dat die krag van kuns mense bymekaar kan bring om te inspireer en te heel.