# ʼn Uitstalling met die titel, A World for Women, by Women: Infinite Possibilities, is tans en tot die vyfde van volgende maand by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in die stad New York te sien. Die uitstalling beklemtoon die krag en veerkragtigheid van vroue en meisies wêreldwyd, en vertel hulle verhale van bemagtiging, vooruitgang en hervorming. Die VN sê digitale vernuwing versterk deur kunsmatige intelligensie, wys die uitdaging wat vroue beleef en die grenslose geleenthede wat ontstaan wanneer regte, keuses en outonomie ondersteun word.
KI-uitstalling deur vroue geïnspireer is in New York te sien