# Die DA in KwaZulu-Natal sê indien die regering van nasionale eenheid ineenstort, kan dit ‘n ramp vir die provinsie beteken. Die party se koukus in die wetgewer verwelkom hernude samesprekings om die nasionale begrotings-dooiepunt op te los, maar sê voortdurende onbestendigheid op nasionale vlak bedreig ook die regering van provinsiale eenheid se bestendigheid. Die DA-lid, Francois Rodgers, versoek alle regerings-vennote om beginsels, nie politiek nie, voorop te stel om werksgeleenthede, ekonomiese vooruitgang en armoedeverligtings-pogings te beveilig:
DA in KZN sê verantwoordelike dialoog word benodig om RNE van ineenstorting te red [KLANK]
ENG RodgersOnCollapse