# Die basketbal-ikoon LeBron James is die eerste beroeps-mansatleet wat deur die speelgoedmaatskappy Mattel as ‘n Ken-pop verewig is. Hierdie spesiale uitgawe wat in vennootskap met die LeBron James-familiestigting vervaardig is, vang die speler van Los Angeles Lakers se unieke klerestyl vas en is selfs langer as die standaard Ken-pop. James sê dit is ’n geleentheid om die invloed te erken van rolmodelle wat selfvertroue inboesem, drome inspireer en aan kinders wys dat hulle ook groot dinge kan bereik.
LeBron James word die eerste beroeps-mansatleet om as ‘n Ken-pop vereer te word