Skip to content

Trump kanselleer befondsing vir koördinering van Amerikaanse klimaatsnavorsing

# President Donald Trump het die befondsing van Amerika se navorsingsprogram oor klimaatsverandering opgeskort wat die federale regering se verslag oor die kwessie saamstel. Die Amerikaanse Klimaatsbeoordeling word elke vier jaar uitgereik en is Amerika se omvattendste beraming van die huidige uitwerking van klimaatsverandering en klimaatwetenskap. Kenners sê die beoordeling speel ‘n groot rol in besluitneming oor landbou, energie-opwekking en grond- en watergebruik. Die volgende verslag word in 2027 verwag.