# Dit word voorsien dat die onderhoud by die Lesotho Hoogland-waterprojektonnel later vandeesmaand voltooi sal word, na onbeplande vertragings. Dit sou aanvanklik teen 31 Maart afgehandel wees, maar is vertraag weens tegniese uitdagings en ongunstige weerstoestande. Die Trans-Caledon-tonnelowerheid het die werk aan die Suid-Afrikaanse gedeelte voltooi, terwyl die Lesotho Hooglandontwikkelingsagentskap werksaamhede aan die Lesotho kant versnel. Owerhede het aangedui dat die vertraging nie ‘n beduidende impak op Gauteng se watervoorsiening sal hê nie.
Lesotho Hoogland-waterprojek se onderhoud sal later vandeesmaand voltooi wees