Skip to content

Mda Mda en Omar Badsha ontvang eredoktorsgrade van die Universiteit van Fort Hare

# Die Universiteit van Fort Hare gaan volgende maand eredoktorsgrade aan twee vooraanstaande skeppers toeken by sy herfsgradeplegtigheid. Die skrywer Mda Mda gaan ‘n eredoktorsgraad in regte ontvang terwyl die dokumentêre fotograaf Omar Badsha ‘n doktorsgraad in filosofie kry. Meer as drie-duisend studente gaan hulle swaarverdiende grade tydens die gradeplegtigheid ontvang, waarvan 64-persent vroue is. Die jongste ontvanger van ‘n doktorsgraad is die 28-jarige Sijongesonke Peter wat ‘n doktorsgraad in chemie sal ontvang.