# Die bekroonde Hollywood-akteur, Robert De Niro, sal volgende maand die ere- Palme d’Or-toekenning ontvang op die 78ste Cannes-rolprentfees. Ander akteurs wat hiermee vereer is, sluit in Meryl Streep en Jodie Foster. De Niro het ʼn lang geskiedenis met die fees. Hy was 14 jaar gelede voorsitter van die beoordelaarsjurie, en het op die rooitapyt gestap vir Martin Scorsese se fliek, Killers of the Flower Moon. Hy sê Cannes bring storievertellers, rolprentmakers, ondersteuners en vriende bymekaar.
Robert De Niro word op vanjaar se Cannes-rolprentfees vereer