Skip to content

Kaapstad se kunstoneel bevorder middestad se ekonomie

# Kaapstad se ontluikende kunstoneel gee nuwe lewe aan die middestad se ekonomie. Die 12de Investec Kaapstad-kunsskou waar 124 kunstenaars uit 58 lande uitgestal het, het meer as 30-duisend besoekers gelok. Geleenthede soos First Thursdays en ʼn toename in kunsgalerye weerspieël ʼn post-pandemiese kulturele oplewing. Volgens Kaapstad-Sentraal se stadsverbeteringsdistrik het 19 nuwe kunsateljees in 2023 geopen. Kenners sê die metro se kreatiewe ekonomie het oor die jare beleggings gelok, werksgeleenthede ondersteun en Kaapstad se wêreldwye reputasie as Afrika se modernekuns-hoofstad versterk.