Skip to content

Ontleder waarsku Trump se tariefbeleide kan sy presidentskap oorleef

# Die voormalige hoof van Goldman Sachs vir Afrika suid van die Sahara, Colin Coleman, sê Amerikaanse tariewe wat president Donald Trump op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte ingestel het, kan ná sy presidensiële termyn voortduur. Coleman het by die agtste PGM-bedryfsdag gesê die heffing van 31-persent dui op ʼn langtermynverskuiwing in Amerikaanse beleid. Hy waarsku Suid-Afrika moet gereedmaak vir voortgesette ekonomiese druk, en noem die uitwerking op handel en mynbou. Hy sê beter mededingendheid en veerkragtigheid is nodig om aan te pas by faktore wat groei wêreldwyd bevorder.