Skip to content

Inkopie-projek herstel haweloses in Gauteng se waardigheid

# Die We’re Against Starvation, oftewel die WAS-stigting se Shopping with Love-projek gee waardigheid en hoop aan hawelose mense in Krugersdorp-Wes in Gauteng. Begunstigdes kan klere en skoene wat geskenk is, gratis “koop” en so hulle selfbeeld en selfvertroue ʼn hupstoot te gee. Die WAS-stigter, Esmarelda Van Zyl-Kilian, sê goedhartige ondersteuners maak die projek moontlik. Sy sê die skenkings voorsien nie net in noodsaaklike behoeftes nie, maar maak lewens beter en bevorder deernis in die gemeenskap.