# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson sê die finale forensiese verslag in die omstrede Telkom Towers-projek in Hillbrow, Johannesburg, sal teen die einde van April vrygestel word. Die regering het amper een-miljard-rand spandeer om die voormalige Telkomhoofkwartier te koop en vir die SAPD op te knap, maar die gebou staan leeg en is gevandaliseer. Die minister sê die verslag beoog om verantwoordbaarheid vas te stel, die projek se lewensvatbaarheid te evalueer, en die moontlikheid te ondersoek om geld te verhaal wat aan kontrakteurs uitbetaal is vir onvolledige of substandaard werk.
Finale verslag oor Telkom Towers-projek word in April gelewer