# Amazon MGM se aksie-rolprent A Working Man met Jason Statham in die hoofrol is boaan die Noord-Amerikaanse loketverdienste tydens sy openingsnaweek. Hy speel ‘n vereerde militêre veteraan wat van uittrede terugkom nadat mense-handelaars sy werkgewer se dogter ontvoer. Snow White van Disney-ateljees is nou tweede, gevolg deur ‘n prent oor Jesus en sy dissipels, The Chosen: Last Supper. Universal en Blumhouse se gruwel-prent, The Woman in the Yard, het in die vierde plek geopen, en A24 se Death of a Unicorn beklee die vyfde plek.
“A Working Man” van Jason Statham is die voorste geldmaker by die rolprentloket