# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het die brons sertifisering vir ‘n Gesonde Kampus ontvang vir sy aktiewe deelname aan die Internasionale Sportfederaise se program vir ‘n gesonde kampus. Die doel van dié wêreldwye projek is om ‘n geïntegreerde benadering tot welsyn in instellings van hoër onderwys te ontwikkel sodat universiteite nie bloot kennissentrums is nie, maar ook instellings waar gesondheid bevorder word. TUT se visekansellier, Tinyiko Maluleke, sê die universiteit bewyer hom vir platinum sertifikasie, maar sal intussen nuwe beste praktyke ontwikkel vir beter gesondheid en welsyn.
TUT kry erkenning vir bevordering van gesondheid en welsyn