# The Cafe at the Edge of the Woods deur Mikey Please het die 2025 Waterstones-prys vir kinderboeke gewen. Die boek is ʼn tydlose, grappige verhaal van ʼn kafee-eienaar en haar getroue kelner se pogings om ʼn besonder puntenerige klant te bedien. Die boek het ook in die kategorie vir geïllustreerde boeke gewen. Please se debuutroman, The Expanded Earth, is volgende week op die rakke. Carlos Sánchez se The Tale of a Thousand Faces het die jonglesers-kategorie gebuit terwyl Nathanael Lessore in die kategorie vir ouer lesers koning gekraai het met King of Nothing.
The Cafe at the Edge of the Woods wen Waterstones se 2025-kinderboekprys