# ArcelorMittal South Africa sê hy beraadslaag met rolspelers, insluitend die regering, oor fondse wat die beplande sluiting van sy langstaalbedrywighede kan uitstel. Die staalmaker het aangekondig hy gaan teen April vanjaar langstaalvervaardiging by sy meulens in Newcastle en Vereeniging sluit. Dit sal drie-duisend-500 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede raak. Die maatskappy se langstaal-bedryfsverlies het verdubbel van 600-miljoen-rand in 2023 tot 1,1-miljard-rand in 2024. ArcelorMittal sê sonder ʼn befondsingsooreenkoms is die uitstel van die langstaalonderneming se sluiting nie haalbaar nie.
ArcelorMittal South Africa in gesprek met die regering en ander partye oor befondsing