# Die Nasionale Dramaturgkompetisie het vier finaliste aangewys wat moontlik hul werk op die planke sal sien by die 2025 Nasionale Kunstefees. Thozama Busakwe, Lwando Sindaphi, Naledi Malotana en Campbell Meas ontvang vyf-duisend-rand elk en mentorskap om hul draaiboeke te verfyn. Die kompetisie, ter ondersteuning van opkomende dramaturge, laat draaiboeke in alle tale toe. Die uiteindelike wenner sal wegstap met 20-duisend-rand en die opvoer van hul toneelstuk.
Finaliste van Nasionale Dramaturgkompetisie aangekondig