Skip to content

Nieregeringsorganisasie stel veldtog bekend vir opening van gratis skole in Wes-Kaap

# Christel House South Africa het ‘n veldtog van stapel gestuur vir die opening van gratis skole in die Wes-Kaap. Dié organisasie sonder winsbejag voorsien beurse aan 906 behoeftige leerlinge in in arm Kaapse gemeenskappe. Dié veldtog word gesteun deur borgskap van 100-miljoen-rand deur Christel House Internasionaal en wil teen Januarie 2027 leerders aanvaar. Die skool sal gehalte onderwys, holistiese ondersteuning en loopbaanvoorligting aanbied. Nóg vennootskappe met skenkers word verwag om die plan verder uit te brei.